2. Jou naeltjie is soos ’n ronde bak, vol kruiewyn,jou lyf is soos ’n hoop koringmet blomme rondom.
3. Jou twee borste is soos twee jong takbokkies,soos die tweeling-lammers van ’n gasel.
4. Jou nek is soos ’n toring van ivoor,jou oë is soos die damme by die stad Gesbon,soos die damme by die poort van Bat-Rabbim,jou neus is soos die toring op die Libanon-bergwat na die stad Damaskus kyk.
5. Jou kop is soos die Karmel-berg,jou hare is soos die klere wat konings dra,die koning hou aan om daarna te kyk.