16. Ons het ons aansien verloor,daar het ellende oor ons gekom,want ons het sonde gedoen!
17. Dit is die rede vir ons droefheid,vir die swart kringe om ons oë:
18. Sionsberg lê so verlate,die jakkalse loop daar rond.
19. Maar Ú, Here, U heers vir altyd,u troon staan vas van geslag tot geslag.
20. Waarom sou U ons dan bly vergeet,ons vir altyd verlaat?
21. Bekeer U ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees,gee ons weer die bestaan van vroeër.
22. Of het U ons heeltemal verwerp?Is u toorn oor ons so groot?