1. Die volgende familiehoofde het saam met my uit Babel vertrek tydens die regering van koning Artasasta. Hulle afstamming word ook aangegee:
2. Gersom uit die nageslag van Pinehas;Daniël uit die nageslag van Itamar;Gattus seun van Sekanja uit die nageslag van Dawid;
3. Sagaria uit die nageslag van Paros, en saam met hom 150 man wat in die register opgeneem was;
4. Eljehoënai seun van Seragja uit die nageslag van Pagat-Moab, en saam met hom 200 man;
5. Sekanja seun van Jagasiël uit die nageslag van Sattu, en saam met hom 300 man;
6. Ebed seun van Jonatan uit die nageslag van Adin, en saam met hom 50 man;
7. Jesaja seun van Atalia uit die nageslag van Elam, en saam met hom 70 man;
8. Sebadja seun van Migael uit die nageslag van Sefatja, en saam met hom 80 man;