23. Silwerskuim waarmee ’n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en ’n slegte hart.
24. Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
25. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
26. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
27. Wie ’n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ’n klip rol, dit sal na hom terugkom.
28. ’n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ’n gladde mond bewerk ondergang.