2. o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
3. Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
4. o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
5. o Here, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
6. U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
7. U het ons ’n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
8. o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
9. ’n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.