30. Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
31. Ek wil die Naam van God prys met ’n lied en Hom groot maak met danksegging;
32. en dit sal die Here welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
33. As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
34. Want die Here luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.