Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het ’n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.