Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 46:3-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ’n groot nasie maak.

4. Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou oë toedruk.

5. Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6. En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:

7. sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.

8. En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het — Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.

9. En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

10. En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.

11. En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

12. En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13. En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

Lees volledige hoofstuk Génesis 46